Mandaat    

Opstal
BOEKinfo
incitatus
voorblad+
oorwegings
inhoudsopgawe
inleidend
wat nou?
belydenis
aanhalings
VOLKEREG
Regsargumente
KGS Mandaat
Quo Vadis?
HANDVES

English home

Mandaatversoek aan die

BOEREVOLKSKONGRES

6 November 2004, Pretoria

In volle erkentlikheid teenoor die Allerhoogste God, in nederige diens van ons geliefde volk en as fakkeldraers van ons brandende vryheidstrewe verskaf ons, die lede van die bywonende lidorganisasies van die Volkskoördinerende Raad, asook indiwiduele Boerevolkslede, soos bevestig deur die handtekeninge en name van die ondergetekende persone deur ons aangewys, ’n volksmandaat soos hierin uiteengesit:

1

Ons magtig hiermee die Kulturele Geregtigheidstigting om, in samewerking met die Volkskoördinerende Raad en geaffilieerde organisasies, uitvoering te gee aan die proses soos hieronder beskryf. 

2

Ons herbevestig hiermee, as lede van die Boerevolk, ons historiese aanspraak op volwaardige volkskap, ons aandrang op selfbeskikking as die fundamentele vryheid van hierdie volk soos universeel in die Volkereg erken, en verklaar dat hierdie stelling as uitdrukking sal dien van ons diepste versugting om deur alle ander volkere en nasies as volwaardige volk erken te word, en om derhalwe as internasionale regspersoonlikheid geëien, gereken en gerespekteer te word.

3

Ons keur die neem van gepaste stappe om die vryheidsweg van die Boerevolk met geesdrif, ywer en toewyding te inisieer, propageer en bevorder, goed.

4

Ons stem heelhartig in tot die daarstel van ’n verteenwoordigende liggaam o.g.v. institusionele eerder as indiwiduele verteenwoordiging, wat voorlopig as die Federale Boerevolk Raad (FBR) bekend sal staan. 

5

Ons magtig hiermee die aanknoop en bevordering van dialoog met die RSA-regering van die dag as direk aanspreeklike staat ten einde ons volkeregtelike plig na te kom om vreedsame interne opsies sover moontlik na te volg. Die kernpunt van sodanige gesprekke is die erkening en implimentering van volwaardige selfbeskikking vir ons volk in ’n gebied van ons eie.

6

Ons versoek dat genoemde organisasies die Boerevolk so wyd moontlik en as ’n saak van dringendheid sal inlig d.m.v. die media, openbare byeenkomste, inligtingsessies, huisvergaderings, e.d.m., oor kwessies van volksbelang en om wye steun te werf by organisasies en individue om die vryheidspad saam met ons te bewandel.  

7

Ons magtig genoemde organisasies om ’n beweging uitwaarts na gepaste internasionale liggame te onderneem ten einde die vryheidstrewe en selfbeskikkingsaansprake van die Boerevolk op ’n verantwoordelike wyse te bevorder, asook om internasionaal die nodige erkenning vir ons volkeregtelike status te bekom.

[1] Hierdie versoek is eenparig deur die ongeveer 100 kongresgangers toegestaan.  


Die Federale Boerevolk Raad en al sy lidorganisasies tree op ten behoewe van die Christelik-Republikeinse (d.w.s. vryheidsgesinde) Boerevolk van Suid-Afrika.

vir meer besonderhede oor die Federale Boerevolk Raad, kontak gerus:

die Sekretariaat vir Volksbou

Posbus 906092 Magalieskruin

MAGALIESKRUIN 0150

Tel/Faks: (012) 567 4029

Sakfoon: 083 265 3552

e-pos: volkstrat@lantic.net

 

Opstal Op BOEKINLIGTING LEESSTOF BOEKPROJEKTE PRODUKTE en DIENSTE VERKLARINGS GESKRIFTE, TOESPRAKE

Ontwerp & © Incitatus  ~ Webmeester:  impromptu@telkomsa.net

Hit Counter