Aanhalings    

Opstal
BOEKinfo
incitatus
voorblad+
oorwegings
inhoudsopgawe
inleidend
wat nou?
belydenis
aanhalings
VOLKEREG
Regsargumente
KGS Mandaat
Quo Vadis?
HANDVES

English home

Hiermee sommige van die aanhalings wat in Visies van Vryheid verskyn:

'n Stem uit die verlede (Prof. L.J. du Plessis), som die werking van 'n volksbeweging pragtig op:

"... dat die seksionele partypolitiek vervang word deur die volk wat in beweging kom en dat die volkspolitiek sodoende op die volksbestemming toegespits word. Hoewel die volksbeweging verskillende grade van aktiwitiet kan vertoon, moet dit tog die hele linie van die volkslewe dek. Dis is inderdaad ’n kwessie van die volk op mars bring, om met die oog op die groot eise wat gestel word, die volk tot ’n eenheid, wat bo die gewone partyverderling uitgryp, te mobiliseer. Op die vraag hoe hierdie volksbeweging georganiseer word, het hy verklaar dat ’n volk nie funksioneer deurdat ’n massa enkelinge, met gelyke stem, tot meerderheidsbesluite probeer kom nie. 'Iemand uit die volk moet in ’n sekere rigting leiding gee en die volksgenote moet dan daardie leiding aanvaar en volg. Met ander woorde nie verkiesing en stemming wys die leier aan nie, maar aksie word deur ’n persoon tot openbaring gebring en die algemene aansluiting by daardie aksie maak dit tot leiding, en so kom die volk in beweging'."

Bron: Raath, A.W.G. 1991. Grondwetlike Riglyne vir ’n Toekomstige Afrikanerstaat: ’n Historiese Ondersoek. Vryheidsreeks 4. Die Afrikanervryheidstigting (p.12., voetnota 33).


~Theodore Roosevelt:

 "Om groot dinge te waag en glorieryke oorwinnnings te behaal, ofskoon dit dikwels met mislukking gepaard gaan, is eindeloos beter as om een van die menigte armsalige drommels te wees wat ewe min geniet of gely het, want hulle lewe in 'n skemerwêreld wat net so arm aan oorwinnings as aan nederlae is."


“Ek staan hier voor u aangesig, geroep deur die volk; in die stem van die Volk het ek gehoor die stem van God, die Koning van die volke, en ek gehoorsaam.


"As jy rykdom liewer het as vryheid en die gerustheid van onderdaanskap liewer het as die besielende stryd om vryheid, keer dan huiswaarts en laat ons in vrede. Ons soek nie jou raad of jou hulp nie. Buk omlaag en lek die hand wat jou voer. Mag die nageslag vergeet dat jy ooit ons volksgenoot was.”

Samuel Adams (met aanpassing)


“Diegene wat hul Vryheid vir beloftes van Veiligheid verkwansel, is ewe min hul Vryheid werd as wat hul daarin sal slaag om hul Toekoms te verseker.”

 Thomas Jefferson


"Die enigste vryheid wat waaragtig die naam werd is, is dié een waarvolgens ons ons eie welstand op ons eie manier najaag, solank dit nie ander van hul eie vryheid beroof, of hulle pogings om dit self te bekom, verhinder nie.”

~John Stuart Mill


Andries Pretorius se antwoord aan Harry Smith by die Tugela-ontmoeting in 1848, waartydens lg. probeer het om die Boere te oorrreed om in Natal agter te bly, selfs met ’n geldbelofte:

"Geen geld kan mij meer gelukkig maken, maar den sug na vrijheid die nu in den harte van den Afrikaansche boeren woonen,... die ik nog uw instaat is te keren en waar wy nog agterna zal moeten lopen."


“Diegene wat verwag

om die vrugte van vryheid te pluk,

moet bereid wees om die energie te verspil

om dit te verwerf.”


“Selfbeskikking word ’n werklikheid wanneer ’n volk met ’n gedeelde historiese vryheidstrewe en ’n gesamentlike toekomsverwagting self besluit watter vorm van regering vir hulle op hul eie grondgebied gepas en aanvaarbaar is, sonder inagneming van enige ander gesagshebber – veral een waaraan hulle voorheen onderwerp was.”


“[D]is ’n selfweerspreking om te beweer dat enige mens sou instem tot iets wat duidelik die teenoorgestelde van sy eie voordeel is. Indien ’n volk eenvoudig en alleen sou instem om ’n ander te gehoorsaam, ontbind hy homself deur daardie onderneming en beëindig hy daarmee sy aanspraak op onafhanklike volkskap; want sodra daar so ’n nuwe heerser is, is daar nie langer volksoewereiniteit nie, en sodoende is die politieke liggaam vernietig.”[1]

[1] Sien J.J. Rousseau. Sosiale Kontak, vertaal uit M. Cranston se Penguin Classics, 1971:70.


“[E]nige ooreenkoms wat geheel en al tot die voordeel van een party en geheel en al tot die nadeel van die ander party aangegaan word, is in die natuurreg van nul en gener waarde."

JJ Rousseau


“U inval op ’n volk wat jou geen kwaad aangedoen het nie, is, al word dit ook hoe ingeklee, goddeloos; u inval op ’n volk wat jou geen kwaad gedoen het nie, bring, al word dit met sukses bekroon, die vloek van God oor julle."

Genl. Christiaan de Wet (tydens die 1914–Rebellie)


"Ek aanvaar van harte die strydleuse, – Dat daardie owerheid wat die minste regeer, die beste regeer; en ek sou wou sien dat dit onverwyld en omvattend toegepas word. In die laaste instansie van uitvoering beteken hierdie toepassing, glo ek, – Dat daardie owerheid wat geensins regeer nie, die beste is. Wanneer alle burgers daarop voorbereid is, is dit die soort regering wat ons sal hê. ’n Owerheid is ten beste maar ’n hulpdiens, alhoewel die meeste regerings gewoonlik, en alle regering soms, ondiensbaar is. Die besware wat teen ’n permanente weermag ingebring is – en daar is verskeie swaarwigtige redes, wat weliswaar verdien om die oorhand te kry – kan eweseer teen ’n staande regering ingebring word. Die permanente weermag is bloot ’n arm van die staande regering. Die regering self is egter slegs die uitdrukking van die wyse waarop die volk gekies het om hulle wil ten uitvoere te bring, maar is soortgelyk vir misbruik en verdorwenheid vatbaar, nog voor die volk behoorlik daardeur kan optree.”

 Henry Thoreau (1817-1862) Amerikaanse skrywer, vertaal uit sy werk “Oor die plig tot burgerlike ongehoorsaamheid”


'n Kritikus uit Boeregeledere oor die huidige stand van sake:

 Soos ons die afgelope byna nege jaar te werk gegaan het, openbaar ons ’n gees van gemoedsbeswaardheid, in plaas van moed, durf en daadkrag! Ons lewe onder die omstandighede in plaas van bo die omstandighede. Dit sal ons beter betaam om die volgende vraag ons eie te maak, komende van ’n Engelse Boer: “Why would we go after some stupid political indulgence, when we should go after independence, power and Glory!"


Dis algemeen bekend dat ’n volk nie deur gebede (alleen) vrygemaak word nie. Kan hy miskien vrygemaak word deur met gevoude arms te bly sit...? ’n Volk word nie deur niksdoen vrygemaak nie, maar deur opofferinge!... Derhalwe is selfs ’n uiterlike vertoon van lydelike verset, in die lig van die uiteindelike gevolge waartoe dit kan en moet lei indien sukses behaal word, slegs haalbaar indien ’n aktiewe front daaragter opgebou is."


"Wanneer Indiane hul identiteit vier, word dit kultuur genoem.

Wanneer Afrikane hul identiteit vier, word dit trots genoem.

Wanneer Jode hul identiteit vier, word dit geskiedenis genoem.

Wanneer Kaukasiërs hul identiteit vier, word dit rassisme genoem!"


Laat die leerstellige hansie-my-knegte uit ons midde padgee en hul slaafse wil en rampsalige vrese met hulle saamneem. Ons volk is niemand se kneg nie en is sy eie baas. Ons strewe daarna om in vrede met ander volke en nasies te lewe, maar ons sien met trots neer op die domastrantes rondom ons. Ons weier om smekend voor enigiemand te kruip in die waan om so ons vryheid as ’n geskenk te ontvang. Laat dit vir eens en vir altyd duidelik wees: ons volk sal nie langer ’n volgeling wees op die voetpaadjies van diegene met valse harte nie.

Giuseppe Garibaldi


"Niks is so gevaarlik soos ’n ander man se vryheid nie"

Frederik Bezuidenhout


 

Opstal Op BOEKINLIGTING VOLKEREG LEESSTOF BOEKPROJEKTE PRODUKTE en DIENSTE VERKLARINGS GESKRIFTE, TOESPRAKE

Ontwerp & © Incitatus  ~ Webmeester:  impromptu@telkomsa.net

Hit Counter