Belydenis    

Opstal
BOEKinfo
incitatus
voorblad+
oorwegings
inhoudsopgawe
inleidend
wat nou?
belydenis
aanhalings
VOLKEREG
Regsargumente
KGS Mandaat
Quo Vadis?
HANDVES

English home

As Hoofstuk 8 van Visies van Vryheid :
Volksbelydens en Voorneme

  • Ons, die Boerevolk, erken met dank dat ons ontstaan deel is van die genadige wilsbeskikking van die Drie-enige God en bid dat ons voortbestaan deel van God se raadsplan sal wees.
  • Ons glo dat God slegs die beste vir Sy gelowig-gehoorsame kinders wil hê en ons loof God vir Sy onmiskenbare bemoeienis met ons volk in die jare van ons wasdom.
  • Ons eer die nagedagtenis van hulle wat ons voorgegaan het en ook hul nalatenskap.
  • Ons prys God dat Hy ons volk gehelp het om uit die as van die Tweede Vryheidsoorlog, soos uit elke ander beproewing, op te staan en dat Hy ons in ons swakheid toegelaat het om hierdie mooi land van ons geboorte te kon tem en om vir lang tye onsself te kon regeer.
  • Ons bely dat die hand van die Here tans swaar op ons rus: Dat ons eie afdwaling van God se insettinge en ons versuim om Sy koninkryk eerste te stel, die rede is vir die slawejuk van vreemdes waaronder ons tans gebuk moet gaan.
  • Ons verbind onsself in vaste geloof onlosmaaklik aan God en streef na daardie eervolle en vrye bestaan wat van Sy sëen sal getuig soos Hy vir Sy opregte kinders wil.
  • Ons onderneem om in ons persoonlike en volkslewe opreg na God se wil vir ons en ons volk te soek en ons lewe daarvolgens en tot Sy eer in te rig ten einde ’n volk vir Hom te wees en bevestig opnuut ons trou aan die Gelofte van Bloedrivier.
  • Ons bid in ootmoed en met smeking en danksegging dat God ons stap vir stap sal lei na ’n volksbestemming, roepingsgetrou aan Hom maar teen die wêreld vry.
  • Ons belowe dat ons in ons strewe na vryheid en by die oorweging van elke stap of doelwit ter verkryging en vervulling daarvan God se eer en Sy koninkryk voorop sal stel.
  • Ons onderskei onsself bewustelik van daardie deel van die breë Afrikanerdom wat bereid is om hul volkwees te verloën en terselfdertyd geen gewetenswroeging het om ’n nuwe nasie saam met vreemdes in die NSA te bou nie.
  • Die Bybel leer ons dat alle owerheidsgesag ’n beskikking van God is en deur Christene gehoorsaam moet word. Eweneens, dat God daardie mag goedskiks wegneem van elkeen wat dit misbruik en Hom daarmee nie eer nie.
  • Ons roep hiermee volksgenote op tot verootmoediging en toewyding aan die Drie-enige God en om in te bind in die gesamentlike strewe en arbeid op die pad na volksvryheid soos God dit op Sy tyd mag beskik.
  • Ons stel dit aan die wêreld en elke wêreldse owerheid dat as dit God behaag, die Boerevolk weer vry sal wees, dat ons oor niemand anders wil regeer nie en dat ons onvermoeid vir selfverwesenliking en soewereine onafhanklikheid sal werk in ’n eie vrye republiek.

 Bron: Volksekretariaat vir die Federale Boerevolk Raad


"Wat saak maak, is nie die idee wat iemand beet het nie, 
maar hoe diep hy daaraan vashou."

~Ezra Pound~

Opstal Op BOEKINLIGTING VOLKEREG LEESSTOF BOEKPROJEKTE PRODUKTE en DIENSTE VERKLARINGS GESKRIFTE, TOESPRAKE

Ontwerp & © Incitatus  ~ Webmeester:  impromptu@telkomsa.net

Hit Counter