Boerevolk, Quo Vadis?    

Opstal
BOEKinfo
incitatus
voorblad+
oorwegings
inhoudsopgawe
inleidend
wat nou?
belydenis
aanhalings
VOLKEREG
Regsargumente
KGS Mandaat
Quo Vadis?
HANDVES

English home

Visies van Vryheid het ontstaan uit 'n poging om 'n twee-bladsy pamflet op te stel met die kern van die Volkeregtelike Komitee se bevindinge. Die aantekeninge daarvoor het te lank geraak en is toe omgesit in 'n paar bladsye vol vrae. Die bespreking van daardie vrae is saamgevat in die stuk, "Boerevolk, Quo Vadis?" 

Hierdie stuk het op sy beurt weer aanleiding gegee tot die saamstel van 'n aantal steundokumente wat as sodanig ook in die boek opgeneem is. [Glo dit gerus: dis 'n oefening in selfuitputting!]

Aangesien dit 'n lang gedeelte is, bied ons hier slegs die 26 vrae aan die voornemende leser as 'n lusmakertjie.


"Wat die Boerevolk betref, kan daar om hierdie redes met reg verwys word na die NSA-bestel as ’n totalitaristiese, neo-kolonialistiese en rassistiese regime."
Tobie Louw - Visies van Vryheid


“Boerevolk, Quo Vadis?

Die Volkeregtelike pad vir die Boerevolk

Vraag 1: Wat is die huidige Volkeregtelike posisie van die Boerevolk in Suid-Afrika?

Vraag 2: Erken die wetgewer van die “Nuwe Suid-Afrika” ook die selfbeskikkingsreg van die Boerevolk?

Vraag 3: Watter positiewe erkenning het die regering van die dag al aan die selfbeskikkingsreg van die Boerevolk (en die Afrikanerdom) gegee?

Vraag 4: Is die vryheid van die Boerevolk afhanklik van die erkenning van sy selfbeskikkingsreg deur die NSA-owerhede?

Vraag 5: Waarom die hernieude aandrang deur die Boerevolk op selfbeskikking, as beide die RSA-Grondwet en die regerende party reeds bindende erkenning aan die selfbeskikkingsreg van “enige gemeenskap” in die RSA gegee het?

Vraag 6: Kan die Boerevolk se heraanspraak op selfbeskikking vertolk word as slegs ’n direkte reaksie op die “meerderheidsregering”, en kan dit dus as “rassisties” afgemaak word?

Vraag 7: Wat is die inhoude van die Boerevolk se selfbeskikkingsreg?

Vraag 8: Is die selfbeskikkingsreg as sodanig nie deur die 1994 magsoorgawe en die hereniging van alle gebiede binne ’n eenheidstaat, wat in die NSA-grondwet as “territoriaal soewerein” beskryf word, vernietig nie?

Vraag 9: Wie is verantwoordelik vir die uitvoering, of selfs afdwing, van die selfbeskikkingsreg van die Boerevolk?

Vraag 10: Onder watter omstandighede mag ’n volk stappe doen om sy selfbeskikkingsreg af te dwing?

Vraag 11: Die Volkereg gee die Boerevolk die reg daartoe: Hoe gaan hy te werk om selfbeskikking “af te dwing”?

Vraag 12: Gestel die NSA-parlement sou die Boerevolk se selfbeskikkingsreg opnuut erken, watter aksies moet geloods word om die realisering van sy selfbeskikking moontlik te maak?

Vraag 13: Hoe waarskynlik is dit dat die NSA-wetgewer die Boerevolk se selfbeskikking sal toestaan en implementeer?

Vraag 14: Hoe sterk is die selfbeskikkingstrewe onder “Afrikaanssprekendes” en onder die Boerevolk in die besonder?  

Vraag 15: Waar laat die NSA-regime se implisiete verwerping van die Boerevolk se selfbeskikkingsreg hom?

Vraag 16: Het die 1993-“Oorgangsgrondwet” enige vorm van voorskrifte vir implementering van ’n “Afrikaner-volkstaat” bevat?

Vraag 17: Bevat die 1996-Grondwet van die RSA enige voorskrifte vir implementering van ’n “Afrikaner-volkstaat”?

Vraag 18: Hoe affekteer bostaande situasie die verhouding tussen die regime en die Boerevolk/Afrikanernasie?

Vraag 19: Is die gebruik van die term “onderdrukker” nie te kras en onvanpas nie?

Vraag 20: Is daar omdraaikans vir die NSA-regime, of is ons onherroeplik op ’n pad van konfrontasie en konflik?     

Vraag 21: Is daar enige voorbeelde in RSA–wetgewing van onderdrukkende en derhalwe onregverdigbare wetgewing – en watter teengif bestaan daarvoor?

Vraag 22: Wat presies verwerp die Boerevolk wanneer die ANC-regering as “illegitiem” (onregmatig) verklaar word?

Vraag 23: Namens WIE beskou die Boerevolk die ANC-regering as “illegitiem”?

Vraag 24: Is die regime al uitdruklik verwittig van die posisie en standpunt van die Boerevolk? Wat is van wesenlike belang, en wat is nie-wesenlik in dié verband?

Vraag 25: Is daar al geprotesteer, watter vorme het dit aangeneem, watter betekenis het dit en wanneer is sodanige protes ‘genoegsaam’?

Vraag 26: Wat beteken die volkeregtelike posisie van die Boerevolk, soos hierbo uiteengesit, wat betref die huidige stand van sake in Suid–Afrika?

Vraag 27: Waar laat hierdie knelsituasie die gewone lede van die Boerevolk?

Vraag 28: Gaan ons protesoptredes ons nie dalk in “die moeilikheid” bring nie?

einde


Destiny, I follow you willingly;
for if I would not do so,
I would have to do so all the same
-
but in tears.

 Friedrich Nietzsche  

 

Opstal Op BOEKINLIGTING LEESSTOF BOEKPROJEKTE PRODUKTE en DIENSTE VERKLARINGS GESKRIFTE, TOESPRAKE

Ontwerp & © Incitatus  ~ Webmeester:  impromptu@telkomsa.net

Hit Counter