Kritiese Oorwegings    

Opstal
BOEKinfo
incitatus
voorblad+
oorwegings
inhoudsopgawe
inleidend
wat nou?
belydenis
aanhalings
VOLKEREG
Regsargumente
KGS Mandaat
Quo Vadis?
HANDVES

English home

Opstal Op Identiteit Definisies Incitatus

Die heruitgawe van die opwindende nuwe boek, Visies van Vryheid, is nou beskikbaar! 

Dis ons vaste geloof dat die Boerevolk nie sal ondergaan vanweë 'n gebrek aan kennis nie. Visies van Vryheid stel verseker die basiese kennis en insig beskikbaar wat nodig vir die vryheidspad is. Hierdie webblad dien dieselfde doel.

Klik hier om die boekvoorblad te sien


Die bedoeling met Visies van Vryheid is om die lede van die Boerevolk te besiel, met basiese kennis toe te rus en aan te spoor om sy  toekoms in eie hande te neem!

Dis geskryf vir elkeen wat hom of haar vereenselwig met en/of aangetrokke voel tot die republikeinse vryheidsideaal van die Boerevolk.

Met die verskyning van die boek daag daar ook nuwe hoop vir die daadwerklike herstel van die vryheid van die Boerevolk! 

Opgedra aan die dapper Boerevroue van ons volk, bevestig Visies van Vryheid hierdie jeugdige volk se diepste strewe na vryheid. Die motivering van die mans deur hul vroue het dwarsdeur ons geskiedenis die deurslag gegee.

Vir die Boerevolk definieer sy vryheidstrewe die wese van sy menswees, die hart van sy volksiel, sy historiese begrip van sy herkoms, sy gemeenskaplike wil van die oomblik, asook die unieke visie en taak ter vervulling van sy toekomsmoontlikhede. Verlede, hede en toekoms word met hierdie een term saamgevat.

'n Stapsgewyse uitdrukking van presies watter grondregte ons as volk op aanspraak maak, is saamgevat in Visies van Vryheid as die Handves van die Regte van die Boerevolk

Na onder verwys hierdie Handves na sy grondslag in die Volksbelydenis en Voorneme. Lg. omvat in der werklikheid die Hartves van Oortuiginge en Verantwoordelikhede waaraan histories vasgegroei is ter uitdrukking van sy geloofsonderbou as volk.

Na bowe verwys die Handves ook na die Vryheidsmanifes van die Boerevolk. Hierdie Vryheidsmanifes is tans deel van 'n aktiewe wordingsproses en word, sodra dit gefinaliseer is, op die lug gegooi vir almal om af te laai. Dis 'n projek van die Verkennersbeweging van Suid-Afrika.


Die skrywer stel openhartig en onbeskaamd 'n uitdaging aan die volk:- aanvaar hierdie unieke uitdrukking van ons volksidentiteit as Boerevolk wat geheel en al toegewy word aan die selfbeskikkingsbeginsel. Ons glo dat die Boerevolk se Goddelike roeping en plig, sy eie historiese wilstrewe en herhaalde besluit as volk, asook die volkereg in teorie en bykans elke volk en nasie op aarde in praktyk, die selfbeskikkingsreg as die mees fundamentele vryheid van elke volk aanvaar. Daarvoor benodig die Boerevolk niemand se toestemming nie en eien hy hy dit sonder skroom vir homself toe. 

Die Kulturele Geregtigheidstigting [KGS] rig met die boek 'n uitdaging aan elkeen om hom/haar opnuut te herken in die spieël van die historiese vryheidsideaal van die Boerevolk. Wie en wat hierdie volk gemaak en geword het, steeds is en weer wil wees, is direk te wyte aan die identiteit van Boer-wees. Om hierdie identiteit te begryp, vereis dat elkeen sy/haar selfverstaan sal heroorweeg in die lig van die historiese taak, nl. om saam te werk om die republikeinse ideaal opnuut te verwesenlik.


Met die publikasie van Visies van Vryheid vervul die skrywer ook sy selfopgelegde plig om aan sy volksgenote rigting en leiding te verskaf wat 'n haalbare raamwerk vir die bou van 'n gemeenskaplike toekoms bied.

Die historiese vryheidstrewe van die Boerevolk is in sy geskiedenis telkens uitgedruk as die republikeinse ideaal. Vryheid definieer ons menswees as volksgroep: bemagtig met hierdie brandende lewensdrif sien ons kans vir die toekoms, ongeag watter offers ons moet bring en hoe moeilik dit sal gaan. 

Sonder vryheid kan hy nie waarlik mens wees nie: hy is niks meer nie as die willose resultaat van eksterne kragte en magte wat hom na willekeur rondgooi, Daarmee gee hy sy menswees prys en stem stilswyend toe om homself te laat verneder tot die vlak van die brute oorlewingstryd eie aan die dierlike spesie.


Lees hier meer oor Die Boek: Kry direk toegang tot enkele kort gedeeltes uit die boek vir onmiddellike verwysing, byvoorbeeld:

  • Voorblad
  • Kritiese oorwegings
  • Inhoudsopgawe
  • Inleiding
  • Handves van die regte van die Boerevolk

  • Volksbelydenis en voorneme

  • Mandaatversoek aan volkskongres

  • Wat nou? 'n Opruiende boodskap aan die Boerejeug van vandag

  • Boerevolk, Quo Vadis? (opsomming van al die VRAE)

  • Regsargumente rondom vryheid (aanhaling uit die "Spesiale Pleit" deur Paul Kruger)

  • Aanhalings


Toegang word ook hiermee gebied tot verskeie van die aanhalings  wat in die boek gebruik word. 


BESTELLINGS: Besonderhede van bestelling en betaling vir die 2007-heruitgawe kan hier verkry word. Ons berei tans 'n elektroniese weergawe voor wat self afgelaai en afgedruk kan word.


Visies van Vryheid bied 'n ontleding van die historiese, juridiese en volkeregtelike posisie van die Boerevolk en maak aan die hand daarvan voorstelle van hoe om onsself te heroriënteer t.o.v. die uitdagings van die sg. Nuwe Suid-Afrika.

Die Boerevolk van Suidelike Afrika glo dat dit sy historiese en goddelike reg is om homself te regeer. Hy respekteer die reg van elke ander volk om homself of indiwidueel of gesamentlik met ander volke te regeer. Daarom maak hy geen aanspraak om oor enige vreemdeling te heers nie. Omgekeerd eis hy egter dat elke ander volk ook dieselfde reg aan die Boerevolk moet gun en hulle kategories sal verbind om hulself te weerhou om wederregtelik oor die Boerevolk te regeer. 

Enige regeerpoging oor 'n volk sonder daardie volk se uitdruklike instemming is niks anders as onderdrukking nie.

Die Boerevolk is niemand se gewilige onderdaan nie en weier om die reg van vreemdelinge oor sy eie wettig verkreë grondgebied te erken.


Visies van Vryheid word aan die Boerevolk gebied om sy eie te maak en daarmee te handel na eie goeddunke. Mag die Goeie Gewer hierdie volk behoed, bewaar en seën in die voortgaande worstelstryd om sy vryheid te herwin.


"Moenie toelaat dat die negatiwiteit van die wêreld jou ontmagtig nie. 
Gee eerder aan jouself dit wat jou bemagtig."

Les Brown

 

Opstal Op VOLKEREG LEESSTOF BOEKPROJEKTE PRODUKTE en DIENSTE VERKLARINGS GESKRIFTE, TOESPRAKE

Ontwerp & © Incitatus  ~ Webmeester:  impromptu@telkomsa.net

Hit Counter