Slachtersneck    

Opstal
BOEKinfo
incitatus
voorblad+
oorwegings
inhoudsopgawe
inleidend
wat nou?
belydenis
aanhalings
VOLKEREG
Regsargumente
KGS Mandaat
Quo Vadis?
HANDVES

English home

Opstal Op Oorlewing Slachtersneck Stemme Vrouekampe Vryheidsgeskrifte

The Rebellion of 1815

Facsimile edition of  H C V Leibbrandt,  The Rebellion of 1815, generally known as SLACHTERSNEK., 1902,  printed by W A. Richards & Sons, Government Printers, Cape Town and published by J C Juta & Co.

Some pages edited for clearer print.

Number of pages 979,  printed on 60g bond paper.

Bound by Mario Rionda in full case skivertex sanigal binding in red burgundy with gold foil lettering on spine. Map not included, but will be available separately. Seventy numbered copies.  From 1 July 2007: Price R520-00 excluding postage.

BESTELLINGS: Bestellings kan geplaas word by Prof. P C Wagener, Posbus 168, Fort Beaufort 5720, tel 046 645 2157,  faks: 0866 821 590 pcwagener@procomp.co.za

 

OPMERKINGS: Hierdie historiese boek is die verbatim inhoud van die hofverrigtinge van die Slagtersnekverhoor.

Daar bestaan ook 'n Hollandse weergawe, maar die ou Hooghollands is vir die meeste van ons heelwat moeiliker om te lees en te begryp as die Engels.

Ek het self 'n kopie aangeskaf en kan bevestig dat dit aangrypende materiaal bevat. Dit moet lei tot 'n nuwe boek wat die gebeure opnuut kontekstualiseer en relativeer in die lig van ons mense se ervarings in die NSA.

Die Somerset-Oos Museum het 'n pragtige uitstalling oor die hele Slachtersneckdrama wat beslis 'n besoek die moeite werd maak.

'n Baie interessante vraagteken oor die agtergrond van hierdie saga, is die verwerping van die legitimiteit van die oorgawe, per ooreenkoms, van die "Kaap" aan Brittanje. Dis blykbaar gedoen deur Willem van Oranja NADAT hy alreeds die mag in Holland verloor het. Dis wat die Graaff-Reinetters verwerp het en derhalwe die rede vir hul verwerping van Britse oorheersing.

Tobie Louw

N.B.: Ander titels oor Slachtersnek is die bekende drama, Die Verhoor, deur A.P. Brink, 1989, asook 'n roman vir oud en jonk deur J.A. Coetzee, Ruiters van Slagtersnek, 1949 (verkrygbaar by Hutten-Buchdienst, asook Bienedell Uitgewers, Pretoria).

 


 Daar is talle interessanthede in die boek. Die uitgewer, vir Martello Pers, maak die volgende opmerkings:
      
        Frans Marais, een van die aangeklaagdes, was 'n Hongaar wat kortstondig  in die Kaapse artillerie op Bloubergstrand teen die Britse invallers geveg het. Hy en twee Pole, ook in die artillerie, het Swellendam toe getrek en daarvandaan het Marais in die Baviaansriviervallei beland. Sy regter naam is Morian. 'n Ander Hongaar, Lemke, het in die Kaapse polisiemag opgetree.
 
Piet Prinsloo was 'n kruiedokter wat mense orals in die Oos-Kaap behandel het. Hy het van sy plante in (wat destyds genoem was) Kafferland versamel, wat onwettig was aangesien die Kaapse regering alle binnetrede in Kafferland verbied het.
 
Beide Andries Stockenstrom en Cuyler het kommissierang op 23 Januarie 1806 in die Britse mag aan die Kaap ontvang. Dit moes kort na die verowering van die Kaap deur die Britte gewees het en dis interessant, veral inagenome dat Cuyler 'n renegaat vanuit New York was, waar hy moes vlug nadat hy uitgevang is dat hy inligting aan die Britte verskaf het tydens die kortstondige oorloggie tussen Amerika en Brittanje. Albany rondom Grahamstad is juis na sy geboorteplek rondom New York vernoem. [Dankie aan S vir hierdie inligting.]
 
Dit blyk dat daar 'n goeie verstandhouding tussen die Boere en die Xhosa's was, in besonder met Gaika, oftewel Geika, soos dit in die boek gespel word.
 
Veldkornet Opperman kom sleg tevoorskyn in die boek en word geblameer dat sy lamsakkige optrede aanleiding gegee het tot die gebrek aan versoening tussen Frederik Bez en die landdros in GRT.
 
Volgens Martha (Faber) Bezuidenhout het haar man, Johannes, net in selfverdediging geskiet toe 'n Pandoer op hom aangelę het. Sy en hul dertienjarige seun is in die skermutseling gewond. Hierdie vrou, die enigste vroulike aangeklaagde, troon uit bo die ander betrokkenes.
 
Ek verneem van die pa van my dogter se vriend dat `Pandoer' afgelei is van 'n Kroatiese woord vir 'n rowwe, ongedissiplineerde groep wat vir Kroasië geveg het. Sal nog meer inligting kry.
pandoer pandoer´,  (-e, -s), pandour (originally (1741) rapacious and brutal soldier in the Balkans), armed guard.
 pandoer pandoer1, =e, =s. 1. Ruwe soldaat. 2. (hist.) Gekleurde soldaat.
 pandoer2. Kaartspel.
 Pandora. Volgens die Griekse mitologie die eerste vrou wat deur Zeus na die aarde gestuur is. die doos van Pandora, die bron van alle kwaad.
 
S.  se eggenote, M., stam af van die waarnemende landdros, Ignatius Muller, wat tydens Cuyler se afwesigheid in Uitenhage waargeneem het. Daar word met groot lof na hom in die boek verwys.
 
'n Goeie vriend van my, dr. Tony de Wet van Witmos, se voorsaat word ook prominent genoem. Jacobus Albertus de Wet was die oorspronklike eienaar van die plaas in die Witmos gebied, waar die afstammelinge vandag nog woon. Waarskynlik sy kleinseun, Sir Jacobus de Wet, was die Kaapse gesant na die Transvaal na die Jameson inval. Tony het hom laat opgrawe in die Kaap, standbeeld en al, en Sir Koos is nou weer op die familieplaas begrawe. Tony het vir my 'n brief gewys, ek dink dit was aan Piet Retief, waarin sy voorvaderoupa skryf dat hy nie aan die Groot Trek gaan deelneem nie omdat daar geen droogte op sy plaas is nie.
 
Die bekende familienaam, J H Neethling, kom ook telkens voor. Sy nasaat is professor in fisika by UPE. Hy en Berrangé was regsgeleerdes wat skielik baie siek geword het toe hulle gevra is om in die spesiale kommissie te dien om die Slagtersnek mense te verhoor. Uit die briefwisseling blyk dit dat die owerhede maar skepties teenoor die ongesteldhede was.
 
Daar is talle verwysings na Coenraad Buys, nie juis hoogaanskrewe by die Britte nie, maar volgens die getuienis 'n goeie vriend van Frederik Bezuidenhout.
 
Een van die betrokkenes, Adriaan Engelbrecht, is later gedurende die Groot Trek by Bloukrans vermoor.
 
Daar was groot kommer oor die onetiese optredes van handelaars wat blykbaar ook wapens en ammunisie aan die `Kaffers' verkoop het. Onthou, dis aan die begin van die 1800's.
 
Wat insiggewend is, is dat daar 'n werkskontrak tussen Booy en Frederik Bez bestaan het. Daar is seker nie nog so 'n skelm soos Booy wat soveel chaos in ons geskiedenis veroorsaak het nie. Toe hy gevra is of hy ook 'n graaf van Bez gesteel het, was sy antwoord dat hy dit net weggesteek het! Lyk nie of dinge verander het nie.
 

Daar is nog ander interessanthede. Wat seker is, is dat die heruitgawe van hierdie boek aanleiding gaan gee tot talle geskrifte. Dit is seker die akkuraatste weergawe van die lewe op die OosGrens destyds en dit beskryf beide  die welvaart van sekere boere, asook die vreeslike armoede van bywoners.

 
Daar is foto's van die Slagtersnek monumente op http://public.fotki.com/SAgenealogie/monumente/page11.html
 
Wat die boek betref, is ek nou met die laaste redigering besig, vir nog so twee weke. Verder soek ek nog na 'n firma om die bladsye teen 'n redelike koste te druk. Die bindwerk sal ook 'n rukkie duur, want Mario kan nie juis meer as twee boeke per dag hanteer nie. Dan ook -- ek is skoon verbaas op die reaksie op die boek. Sonder enige noemenswaardige reklame het ek al oor die 40 bestellings ontvang! Ek sal Mario moet ompraat om nog 'n paar te bind. Hy het skaars tyd om ons bestellings te hanteer weens al sy ander verpligtinge. Ek sal egter 'n perk op die aantal boeke plaas om darem die versamelaarswaarde van jul uitgawes hoog te hou. Dus -- net nog 'n bietjie geduld, dis amper 'n voltydse werk hierdie.
 
Intussen, as julle aan ander historiese werke kan dink waarvan ons sulke luukse uitgawes, asook gewone uitgawes, kan uitgee, laat my asb weet.  Prof. Pieter Wagener. Mei 2007.
 

Opstal Op BOEKINLIGTING VOLKEREG LEESSTOF PRODUKTE en DIENSTE VERKLARINGS GESKRIFTE, TOESPRAKE

Ontwerp & © Incitatus  ~ Webmeester:  impromptu@telkomsa.net

Hit Counter