|
GESKRIFTE, TOESPRAKE
|
|
|
Geskrifte, Toesprake en Praatjies oor Geloftedag en ander onderwerpe deur Prof. Tobie Louw
Hoe versoenbaar is Versoeningsdag met Geloftedag? Op 16 Desember vind daar jaarliks twee tipes gedenkgebeurtenisse in Suid-Afrika plaas: Die Azaniese regime en hul meelopers het sg. "Versoeningsdagdag" gehou, terwyl die Boerevolk hul tradisionele Geloftefeesvieringe hou. Dis natuurlik geen verrassing nie dat die onderdanige en onvrye pers wye dekking aan e.g. verleen, maar prakties geen dekking aan lg. toestaan nie. Baie mense uit die naïewe Afrikanerdom volg steeds hul NG-dominees en doen mee aan versoeningsdagdienste, stellig geen verwysing na die Boerevolk se bindende BloedrivierGelofte van 1838 nie. Die meeste oningeligtes verkies ook om gemaklikerwyse te vergeet dat 16 Desember die stigtingsdatum is van die ANC se militêre vleuel, UmKontho we Siswe. Dit staan soos 'n paal bo water dat daar maar bra min selfkritiese denkers onder diegene is wat hulself graag Politiek-Gekorrigeerdes noem (dis nou daardie mense wat alreeds gearriveer het in die gevangenis van Politieke "Korrektheid", d.w.s. mense wat alreeds volledig gebreinspoel is en wat self net mondstukke word van die verdigsels wat vooraf deur ander van buite af bepaal is). Dis dus geen verrassing dat daar min van hierdie groep is wat kan begryp wat die mooiklinkende Polities-Korrekte term "versoening" werklik beteken. Wie vier nog Geloftedag soos ons volk glo dit moet? Is die Azaniese "versoeningsdag" (eintlik die stigtingsdag van die ANC!) versoenbaar met Geloftedag? Stellig nie! Lees derhalwe 'n kritiese ontleding daarvan in die stuk: "Versoening Azanië-styl". Lees daarmee saam ook 'n Geloftefeesrede wat gelewer is te Riversdal, Suidwes Kaap, met 'n oog op toekomsmoontlikhede vir die Boerevolk, getiteld: "Bloed, Bodem, Vryheid". Die dag is georganiseer deur die Afrikaanse Protestantse Kerk, diens gelei deur Ds. Reyno Louw. [Gasspreker: Prof. Tobie Louw] In 2006 is Geloftedag opnuut orals in Suid-Afrika gevier. Daar is ook 'n Nasionale Geloftedagfeeskomitee in die lewe geroep om inligting oor alle Geloftefeesgeleenthede in SA bekend te maak. Lees hier ook die Gelofterede wat opgedra is aan die Boerejeug van vandag, gelewer in die Dordrecht-distrik in die Noordoos Kaap. Die dag is georganiseer deur die Dordrecht Geloftefeeskomitee. [Gasspreker: Prof. Tobie Louw] Gevind: Die Krugermiljoene (ons kan doen met 'n miljoen) ! Op verskeie internetblaaie word melding gemaak van meer as 'n 100 verskillende egte Geloftefeeste orals in die land. Ons is doodseker daar was veel meer. Indien daar by elke Geloftefees 'n gemiddelde van 100 mense was, is dit alreeds 106 000 mense. Indien daar in werklikheid 200 egte Geloftefeeste was, met 'n gemiddelde bywoning van 300 mense (sommige rapporteer bywoningstal van duisende by groot saamtrekke), dan praat ons nou van 'n sametrekking, op een dag vir een spesiale doeleinde, van 'n halfmiljoen lede van die Boerevolk. Laat ons hard werk en dit vanaf 2007 laat oploop na 'n volle miljoen siele! Enige bydraes is welkom! Dis uiters belangrik, glo ons, dat ons mense op die grond sal laat weet hoe hulle dit ervaar het, wat hulle daar verlang, hoe ons die feeste moet verlewendig, hoe ons dit kan uitbrei en tot nuwe hoogtes voer! Dis juis by sulke volksdae wat ons inligting met mekaar kan en moet deel oor wat elders aan die gang is. Moenie daarna strewe om in die voetspore van die voorvaders te volg
nie; soek liewers waarna hulle gesoek het. |
|
Ontwerp & © Incitatus ~ Webmeester: impromptu@telkomsa.net
|