VOLKEREG    

Opstal
BOEKinfo
incitatus
voorblad+
oorwegings
inhoudsopgawe
inleidend
wat nou?
belydenis
aanhalings
VOLKEREG
Regsargumente
KGS Mandaat
Quo Vadis?
HANDVES

English home

Opstal Regsargumente Mandaat Boerevolk, Quo Vadis? Handves

Een en ander oor die Volkereg

Sal ons volk ondergaan weens 'n gebrek aan kennis?
Hopenlik nie ~ tenminste nie as dit van hierdie inligting en insigte afhang nie!


Klik op enige van die bostaande skakels vir meer direkte inligting en insigte oor die betrekking van die volkereg op die Boervolk.

Daar is egter veel meer! Lees gerus voort:


Om "onverlig" te bly, soos die filosoof Kant meer as 200 jaar gelede opgemerk het, het min te make met 'n gebrek aan kennis of insig. Dis eerder te wyte aan twee ander redes: die mense se neiging tot selfopgelegde onvolwassenheid ("dis makliker as iemand anders my dinkwerk vir my doen") en sy natuurlike luiheid ("dis makliker om op my louere te rus as om self iets te bereik").
Afleiding: die kennis en insigte is hier. Die leser moet net WIL om iets daarvan te maak!


'n Paar kritiese opmerkings:

'n Stok in die wiel: Sommige mense beweer dat dit net meer konflik sal genereer indien enige volksgroep in die "Nuwe Suid-Afrika" na vryheid sou streef. Watter vorm neem dit aan en waar sal dit plaasvind?

Implisiet aan hierdie benadering, is die veronderstelling dat "regte" en veral "groepsregte" minderwaardige bekommernisse is en moet wees. Toegegee, die grondslae van die moderne "demokrasie" ("demon-crazy") kan en moet krities in twyfel getrek word. Tenminste verskaf dit egter die ideële regsraamwerk waarvan die geldigheid en geldingskrag algemeen deur die internasionale gemeenskap aanvaar word (hoewel dikwels slegs in teorie maar steeds nie in die praktyk nie) en dien as algemene riglyn waarvolgens internasionale EN intra-nasionale geskille besleg word. Die werklike feit van die saak is dat sulke geskille bestaan, dat daar dikwels oorloë woed ter beslegting daarvan en dat selfs miljoene menselewens vir die geskille ingeboet word. Vir die doel van vreedsame beslegting is die werksaamhede van die Internasionale Geregshof in Den Haag (soms ook die Wêreldhof genoem) 'n goeie voorbeeld. 'n Bespreking van aspekte van die kwessie van internasionale grenslyne word gevind in Visies van Vryheid in die hoofstuk getitel "Uti Possidetis: Roomse gevaar, of hakiesdraad vir selfbeskikking?"

Vryheid in die SA nasiestaat? Ons antwoord hierop is kortliks as volg: die rede vir hierdie houding is uiters vreemd, aangesien selfs die NSA se hoogste hof dit in beginsel erken en aanvaar (hoe gebrekkig hul formulering ook al is!).

Boonop dwing niemand dit op enigiemand anders af nie. MAAR iemand wat 'n volk se reg as reg, soos in die Volkereg erken word en selfs ook in die NSA-grondwet aanvaar word, ontken of verwerp, vind sy/haar siening direk in stryd met die van sowel die regime as die internasionale reg.

'n Verdere argument is dat die Boervolk by verre nie die enigste volksgroep is wat op selfbeskikking volgens die internasionale reg aanspraak maak nie! Ander interne voorbeelde is die van die Griekwas en San-volke; asook natuurlik die Rehoboth-Bastervolk en die Namavolk in Namibië.

Ons sou tereg die kritiese teenvrae kon vrae: indien ander individue, volksgroepe en selfs 'n nasie die selfbeskikkingsreg van die Boervolk ontken, aanvaar hulle gevolglik dat hul verwerping strydig is met sowel die internasionale reg as die RSA-grondwet? Meer nog: aanvaar enige individu of groep wat die Boervolk se selfbeskikkingsreg erken, i.t.v. die beginsel van gelykwaardige agting, dat hul daarmee hul streep trek deur hul eie selfbeskikkingsreg (as volk en/of as nasie)? En erger nog: indien aanvaar word dat Mag reg is (wat die enigste uitweg is wat oorbly), aanvaar sodanige persone ook indien enige groep die MAG sou teruggegryp, dit ook "reg" sal wees?

Praat ons die waarheid? Lees gerus maar hierdie aanhaling as voorbeeld:

 
Die Grondwetlike Hof van Suid-Afrika “In re Certification of the Constitution of the RSA, 1996” (eie vertaling):

“Voorstanders van ’n Volkstaat is vry om ’n veldtog te loods vir politieke en grondwetlike veranderinge wat in die vorme van selfbeskikking wat deur hulle as toepaslik beskou word, teweeg gebring en institusionaliseer kan word.”

NB: Hierdie verwysing word gekommunikeer sonder benadeling van regte, soos daardie regte vervat is in die Handves van die Regte van die Boerevolk.

Dit mag nie vertolk word as vanselfsprekende aanvaarding van die onregmatige jurisdiksie deur die regime van die Nuwe Suid-Afrika oor die Boerevolk nie.

Vanselfsprekend is die begrip "volkstaat", soos wat dit hier staan, kontroversieël en benodig dit verdere verheldering. Dieselfde met die uiters beperkte Art. 235 van die RSA-grondwet.

 

 


Verdere besprekings van bepaalde aspekte van die Volkereg kan in die volgende stukke deur die skrywer van Visies van Vryheid gevind word (elektroniese kopieë kan van tlouw@tabok.co.za aangevra word):

"Visies van vryheid" Voordrag by die jaarkongres van die Sekretariaat vir Volksbou (tans Federale Boerevolk Raad), November 2004, Pretoria. Dit verskyn ook as Hoofstuk 5 van die boek, Visies van Vryheid.
"Ons en die volkereg" Toespraak voor die Verkenners se tweejaarlikse jaarvergadering, Sept. 2005, Hartenbos.
"Die internasionale arena: ons volk beding sy selfbeskikkingsreg" Voordrag by die jaarkongres van die Federale Boerevolk Raad, Nov. 2005, Pretoria.
"Die gang van erkenning" en "Die regte van volkere" Tabok-webblad: www.tabok.co.za (geskrewe stuk). Sien onder Geskrifte, Toesprake
"Die begronding van die volkereg" Voorlesing by die nasionale kongres van die Stigting vir Nasionale Minderhede, Oktober 2006, Pretoria [MS Powerpoint-voorlegging] Sien onder Geskrifte, Toesprake
  Tabok (geskrewe stuk)

'n Aanhaling uit Volkeregdokumente:

Dis klaarblyklik dat "Swart Ekonomiese Bemagtigings"-wette direk in stryd is met die bepalings van die Verenigde Nasies se Verbond van Burgerlike en Politieke Regte en Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte:[1]

1.1    “Alle volkere het die reg op selfbeskikking. Op grond van daardie reg bepaal hulle vryelik hul eie politieke status en jaag hulle vryelik hul ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling na.”

1.2    “Alle volkere mag, vir hul eie doeleindes, vryelik met hul natuurlike welvaart en hulpbronne handel, sonder benadeling deur enige verpligtinge wat uit internasionale ekonomiese samewerking ontstaan. Dit word op die beginsel van wedersydse bevoordeling en op die internasionale reg gebaseer. Onder geen omstandighede mag ’n volk van sy eie middele tot voortbestaan ontneem word nie.”

“Die State wat hulself aan hierdie Verbond verbind …. sal die verwerkliking van die reg op selfbeskikking bevorder en sal daardie reg respekteer in ooreenstemming met die bepalings van die Handves van die Verenigde Nasies.” (ons kursief)

[1] Aangehaalde onderafdelings van Artikel 1 kom in albei resolusies 2200A (XXI) voor. Dis nogal op 16 Desember 1966 aanvaar! BELANGRIK IS DAT DIE SEB-WETTE NOG NOOIT GETOETS IS AAN DIE HAND VAN DIE VOLKEREG OF DIE VOLKEREGTELIKE AANSPRAKE SOOS VERVAT IN DIE Handves van die Regte van die Boervolk NIE!


"'n Demokratiese politikus is nes iemand wat nie kan meet nie, maar glo dat hy twee meter lank is net omdat 'n massa mense dit beweer. Hul applous maak sy kop raas. Trots soos 'n toneelspeler verlaat hy die politieke teater wanneer sy wetsontwerp aanvaar is. Die demokrasie is 'n 'teatrokrasie'. Maar het iemand al ooit 'n ernstige argument gehoor ter ondersteuning van die argument dat die mening van die massa iets werd is?" 
Gerard Koolschijn, 1996. Plato: De strijd tegen het democratische beest. Amsterdam: Ooievaar (pp. 31-32).

Opstal BOEKINLIGTING VOLKEREG LEESSTOF BOEKPROJEKTE PRODUKTE en DIENSTE VERKLARINGS GESKRIFTE, TOESPRAKE

Ontwerp & © Incitatus  ~ Webmeester:  impromptu@telkomsa.net

Hit Counter